Gaan na inhoud

Babako

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Babako
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
V. pentagona
Binomiale naam
Vasconcellea × heilbornii

Die babako (Carica pentagona) is 'n subtropiese boom wat vir sy buitengewone vrugte geplant word. Dit is nou verwant aan die papaja (Carica papaya).

Dit het sy oorsprong in die hoë Andes van Ecuador in Suid-Amerika. Waarskynlik is dit 'n kruising tussen 'n manlike plant van die Vasconcellea stipulata (Carica stipulata, Toronche) en 'n vroulike plant van die bergpapaja (Vasconcellea cundinamarcensis, Carica pubescens). Dit kom voor in warmer rypvrye streke en selfs bo 2 000 m bo seevlak. 'n Sagte subtropiese klimaat is uiters geskik, maar dit groei ook goed in gematigde temperature. Die eksotiese palmagtige vorm skep 'n tropiese voorkoms. Dit aard goed in groot potte binnenshuis. Die boom kan tot 5 m hoog word, het min takke en lewe 'n jaar of agt. Voortplanting geskied slegs deur steggies.

Vrugte

[wysig | wysig bron]
Babakovrugte in Madagaskar

Die babako word vir sy eetbare vrugte aangeplant. Elke boom dra aan sy stam ongeveer 20 of meer vrugte per jaar en die gemiddelde gewig van een so 'n vrug is omtrent een kilogram. Hulle word amper dwarsdeur die jaar een op 'n slag ryp, en is dan goudgeel. Die vrugte ontwikkel sonder bestuiwing en bevat geen pitte nie. Hulle is langwerpig, gemiddeld 20 cm lank en is vyfhoekig (vandaar die naam C. pentagona). Dus is dit stervormig as dit gesny word. Skimmel kom selde op die vrugte voor, en as dit wel daarop voorkom, versprei dit stadig. Sonder verkoeling het die vrug 'n rakleeftyd van 'n maand en met verkoeling twee maande. Slegs in Nieu-Seeland en die Laeveld is die babako op klein skaal kommersieel aangeplant.

Gebruik

[wysig | wysig bron]

Die babako het 'n vars vlesige vrug met 'n suikerinhoud van slegs 6%. Dit word vars geëet, insluitende sy sagte vel. Dit word veral in vrugteslaai en in vrugtesap gebruik. Dit kan gedroog en gekook word en tot konfyt en atjar verwerk word. Weens die hoë vlak van papeïen in die vrug kan dit as vleisversagter gebruik word. Babako help spysvertering by die mens aan. Die unieke suurderige smaak en geur herinner aan 'n mengsel van papaja, aarbeie, pynappel en kiwi.

Let wel

[wysig | wysig bron]

Babako moet nie met babala verwar word nie.

Galery

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Ensikopedie van die wêreld, deel 18. Stellenbosch: Albertyn, 1993. ISBN 0-949948-43-8
  • strangewonderfulthings.com
  • www.katedry.czu.cz

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]