Boerekommando
Die Boerekommando's was vrywillige militêre eenhede vir hoofsaaklik guerrilla-milisies wat deur die Boere van Suid-Afrika georganiseer is. Die term "commando" (kommando) is tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) vanuit hierdie konteks in die Engelse taal oorgeneem en beteken hedendaags, 'n vegter, of 'n operateur van 'n ligte infanterie eenheid of spesiale mag eenheid wat in eksklusiewe operasionele tegnieke opgelei word.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1658 het oorlog tussen die Nederlandse setlaars aan die Kaapkolonie en die Khoikhoi uitgebreek. Om die nedersetting te beskerm, is alle weerbare mans opgeroep vir militêre diens. Ná die afloop van hierdie oorlog was alle mans in die kolonie onderhewig aan militêre diensplig en moes hulle gereed wees om met min kennisgewing op te tree.
Teen 1700 het die kolonie aansienlik uitgebrei en is dit in distrikte verdeel. Daar kon nie staatgemaak word op die klein militêre garnisoen by die Kasteel de Goede Hoop om vinnig in die grensdistrikte op te tree nie; gevolglik is die kommandostelsel uitgebrei en geformaliseer. Elke distrik het 'n kommandant gehad wat verantwoordelik was om alle burgers in tye van nood op te roep. Tydens die eerste Britse inval in die Kaapkolonie in 1795 en die tweede inval in 1806, is die kommando's opgeroep om die Kaapkolonie te verdedig. Tydens die Slag van Blaauwberg in Januarie 1806 het die Swellendam-kommando die Britte lank genoeg afgehou vir die res van die Bataafse leër om na veiligheid terug te trek.

Onder Britse bewind het die Kaapkolonie voortgegaan om die kommandostelsel in sy grensoorloë te gebruik, naas gereelde Britse imperiale troepe. Boerekommando's het skouer aan skouer met die Fingo, Britse setlaars, Khoikhoi en ander etniese groepe geveg in eenhede wat dikwels gemeng was. Ligte, beweeglike kommando's was ongetwyfeld beter geskik as die stadige kolonne imperiale troepe vir oorlogvoering in die ruwe bergagtige grensgebiede. Daar het egter dikwels spanning in die Kaapse regering ontstaan oor die relatiewe meriete en beheer van hierdie twee parallelle militêre stelsels.[1]
Tydens die Groot Trek is hierdie stelsel gebruik, en dit het in die Boererepublieke in gebruik gebly. Albei republieke het kommandowette uitgevaardig wat kommandodiens verpligtend gemaak het in tye van nood vir alle manlike burgers tussen die ouderdomme van 16 en 60. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het die Boerekommando die ruggraat van die Boere-magte gevorm.
Ná die vredesluiting in 1902 is die kommando's ontbind. Hulle het egter weer in die geheim as "skietklubs" saamgesnoer. In 1912 is die kommando's hervorm as 'n Aktiewe Burgermag binne die Unie-verdedigingsmag. Hierdie stelsel was in werking tot 2005, toe alle kommando's weer ontbind is.
Strukture
[wysig | wysig bron]
Elke kommando was aan 'n dorp gekoppel en is na daardie dorp vernoem (bv. die Bloemfontein-kommando). Elke dorp was verantwoordelik vir 'n distrik wat in wyke verdeel was. Die kommando het onder die bevel van 'n kommandant gestaan, en elke wyk onder dié van 'n veldkornet (wat gelykgestel kon word aan die rang van 'n senior onderoffisier).
Die veldkornet was nie net verantwoordelik vir die oproep van die burgers nie, maar ook vir polisiëring in sy wyk, die invordering van belasting, en die uitreiking van vuurwapens en ander militêre toerusting in tye van oorlog. Teoreties is 'n wyk in korporalskappe verdeel. 'n Korporalskap het gewoonlik uit ongeveer 20 burgers bestaan. Soms het hele families (vaders, seuns, ooms en neefs) 'n korporalskap gevul.


Die veldkornet was verantwoordelik aan die kommandant, wat op sy beurt verantwoordelik was aan 'n generaal. In teorie was 'n generaal verantwoordelik vir vier kommando's. Hy was op sy beurt verantwoordelik aan die opperbevelhebber van die republiek. In Transvaal is die opperbevelhebber die Kommandant-generaal genoem, en in die Vrystaat die Hoofkommandant. Die opperbevelhebber was verantwoordelik aan die president.
Ander hulp-range is tydens oorlogstyd geskep, soos die "vleiskorporaal", wat verantwoordelik was vir die uitreiking van rantsoene.

Die kommando het uit vrywilligers bestaan; alle offisiere is deur die lede van die kommando aangestel, en nie deur die regering nie. Dit het sekere bevelvoerders die geleentheid gebied om na vore te tree – soos generaal Koos de la Rey en generaal C.R. de Wet – maar dit het ook die nadeel gehad dat onbekwame bevelvoerders soms aan die hoof geplaas is. Dissipline was ook 'n probleem, aangesien daar geen werklike manier was om dit af te dwing nie.
Die verskillende Boererepublieke het nie almal dieselfde bevelstruktuur gehad nie.[2]
Wapens
[wysig | wysig bron]Voor die Tweede Vryheidsoorlog was die gewildste geweer in die republieke die .450 Westley Richards – ’n enkelskoot-agterlaaier met ’n valblokmeganisme en ’n akkuraatheid van tot 600 jaart. Sommige was gemerk "Made Specially For Z.A.R."[3] Hulle was soortgelyk aan die Martini-Henry Mark II-gewere wat deur Britse troepe gebruik is.[4][5] ’n Boek oor die oorlog (J. Lehmann se The First Boer War, 1972) het die volgende opmerking oor die Boere se geweer gemaak: "Deur hoofsaaklik die uitstekende Westley Richards-agterlaaier te gebruik – kaliber .45; papierpatroon; slagdop wat met die hand op die tepel geplaas word – het hulle dit vir die Britte uiters gevaarlik gemaak om hulself teen die horisonlyn bloot te stel".[4] Tydens die Eerste Vryheidsoorlog het sommige ouer Boere die "Monkey Tail" verkies – ’n slagdop-agterlaaier wat ook deur Westley Richards vervaardig is.[6]

Vir die Anglo-Boereoorlog het Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die leër herbewapen deur 37 000 van die nuutste Mauser-model 1895-gewere[7] en ongeveer 40 tot 50 miljoen rondtes 7x57-ammunisie in te voer [8] Die Model 1895 was ook bekend as die "Boeremodel"-Mauser[9] en was net bo die reeksnommer met "O.V.S." (Oranje Vrij Staat) gemerk.[10] Hierdie Duitse geweer het 'n skietafstand van meer as 2 000 jaart gehad. Ervare skuts kon uitstekende akkuraatheid oor lang afstande behaal.[11] Sommige kommando's het die Martini-Henry Mark III gebruik, aangesien duisende daarvan ook aangekoop is; die nadeel was egter die groot wolk wit rook na 'n skoot, wat die skut se posisie verklap het.[12][13]
Ongeveer 7 000 Guedes 1885-gewere is ook 'n paar jaar vroeër aangekoop, en dié is tydens die vyandelikhede gebruik.[12]
Ander het gebuite Britse gewere gebruik soos die "lang" Lee-Metford en die Enfield, soos bevestig deur foto's uit die era.[7][14] Toe die ammunisie vir die Mausers opraak,[7] het die Boere hoofsaaklik op die gebuite Lee-Metfords staatgemaak.[15][16]
Buiten 'n geweer het min lede van die kommando's bajonette gebruik.[17][18]

Die beste moderne Europese artillerie is ook aangekoop. Teen Oktober 1899 het die Transvaalse Staatsartillerie oor 73 swaar kanonne beskik, insluitend vier 155 mm-Creusot-vestingkanonne[19] en 25 van die 37 mm-Maxim-Nordenfeldt-kanonne.[20] Die Boere se Maxim – groter as die Maxim-model wat deur die Britte gebruik is.[21] – was 'n waterverkoelde "outomatiese kanon" met 'n groot kaliber wat deur 'n patroonband gevoer is en plofbare projektiele (met rooklose dryflading) teen 'n tempo van 450 skote per minuut afgevuur het; dit het bekend gestaan as die "Pom-Pom".[22]
Ander wapens wat gebruik is, het ingesluit:
- Mauser C96 pistool
- Colt Single Action Army rewolwer
- Remington Model 1875 rewolwer
- Remington Rolling Block geweer
- Winchester-geweer
- Vetterli-geweer
- Gewehr 1888
- Krag–Jørgensen-geweer
- Kropatschek geweer
- Lee–Enfield[23]
- Lee–Metford[23]
- Martini–Henry[23]
- Guedes-geweer[23]
- Enfield rewolwer
- Mauser Zig-Zag
- M1879 Reichsrewolwer
Lys van Boerekommando-eenhede
[wysig | wysig bron]Die volgende Boerekommando's het in die Oranje-Vrystaat en Transvaal bestaan:[24]
Oranje-Vrystaat
[wysig | wysig bron]- Bethlehem
- Bethulie
- Bloemfontein
- Boshof
- Bothaville
- Brandfort
- Caledon River
- Edenburg
- Fauresmith
- Ficksburg
- Frankfort
- Harrismith
- Heilbron
- Hoopstad
- Jacobsdal
- Kroonstad
- Ladybrand
- Lindley
- Parys
- Philippolis
- Rouxville
- Senekal
- Smithfield
- Thaba Nchu
- Ventersburg
- Vrede
- Vredefort
- Wepener
- Winburg
Transvaal
[wysig | wysig bron]- Amsterdam
- Bethal
- Bloemhof
- Boksburg
- Carolina
- Christiana
- Elandsfontein
- Elands River
- Ermelo
- Fordsburg
- Germiston
- Heidelberg
- Jeppestown
- Johannesburg
- Klerksdorp
- Krugersdorp
- Lichtenburg
- Lydenburg
- Marico
- Middelburg
- Piet Retief
- Potchefstroom
- Pretoria
- Rustenburg
- Standerton
- Swaziland
- Utrecht
- Vryheid
- Wakkerstroom
- Waterberg
- Wolmaransstad
- Zoutpansberg
- Zwartruggens
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ RD staff (1996). Xhosa Wars. Reader's Digest Family Encyclopedia of World History. The Reader's Digest Association.
- ↑ Angloboerwar website Geargiveer 26 Julie 2009 op Wayback Machine
- ↑ https://www.labuschagne.info/small-arms.htm, Small Arms of the Boer War
- 1 2 "Firearms and Firepower - First War of Independence, 1880-1881 - South African Military History Society - Journal". samilitaryhistory.org. Besoek op 29 Februarie 2024.
- ↑ https://www.bbc.co.uk/history/british/victorians/boer_wars_01.shtml, Boer Wars
- ↑ Laband, John (2018). The Battle of Majuba Hill: The Transvaal Campaign, 1880–1881 (in Engels). Warwick, England: Helion and Company. p. 40. ISBN 978-1911512387.
- 1 2 3 "An Official Journal Of The NRA | The Guns of the Boer Commandos". An Official Journal Of The NRA (in Engels). Besoek op 29 Februarie 2024.
- ↑ Bester 1994, p. [bladsy benodig]; Wessels 2000, p. 80.
- ↑ "The Model 1893/95 "Boer Model" Mauser". Shooting Times (in American English). 23 September 2010. Besoek op 18 Maart 2016.
- ↑ https://www.shootingtimes.com/editorial/longgun_reviews_st_boermodel_201007/99362, The Model 1893/95 "Boer Model" Mauser
- ↑ Murray, Nicholas (31 Augustus 2013). The Rocky Road to the Great War: The Evolution of Trench Warfare to 1914 (in Engels). Potomac Books, Inc. ISBN 978-1-61234-105-7.
- 1 2 Scarlata, Paul (17 April 2017). "6 Rifles Used by the Afrikaners During the Second Boer War". Athlon Outdoors (in American English). Besoek op 29 Februarie 2024.
- ↑ Pretorius, Fransjohan (1999). Life on Commando During the Anglo-Boer War, 1899-1902 (in Engels). Human & Rousseau. ISBN 978-0-7981-3808-6.
- ↑ "BBC - History - The Boer Wars". www.bbc.co.uk (in Engels). Besoek op 29 Februarie 2024.
- ↑ Muller, C. F. J. (1986). Five Hundred Years: A History of South Africa (in Engels). Academica. ISBN 978-0-86874-271-7.
- ↑ Grant, Neil (20 Maart 2015). Mauser Military Rifles (in Engels). Bloomsbury Publishing. ISBN 978-1-4728-0595-9.
- ↑ Gooch, John (23 Oktober 2013). The Boer War: Direction, Experience and Image (in Engels). Routledge. ISBN 978-1-135-27181-7.
- ↑ Grant, Neil (20 Maart 2015). Mauser Military Rifles (in Engels). Bloomsbury Publishing. ISBN 978-1-4728-0595-9.
- ↑ Lunderstedt, Steve (2000). From Belmont to Bloemfontein: The Western Campaign of the Anglo-Boer War, February 1899 to April 1900 (in Engels). Diamond Fields Advertiser. ISBN 978-0-620-26099-2.
- ↑ Wessels 2000, p. 80
- ↑ Horn, Bernd (22 Desember 2012). Doing Canada Proud: The Second Boer War and the Battle of Paardeberg (in Engels). Dundurn. ISBN 978-1-4597-0578-4.
- ↑ http://www.smallarmsreview.com/display.article.cfm?idarticles=2490, SOUTH AFRICA’S NATIONAL MUSEUM OF MILITARY HISTORY
- 1 2 3 4 Association, National Rifle. "An Official Journal Of The NRA | The Guns of the Boer Commandos". An Official Journal Of The NRA (in Engels). Besoek op 11 Desember 2022.
- ↑ Hall, Darrell (1999). The Hall Handbook of the Anglo-Boer War, 1899-1902. Pietermaritzburg: University of Natal Press. pp. 13–17. ISBN 9780869809495.