Gaan na inhoud

Cutex

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cutex Advertisement, Zan-e Rooz 6 January 1968
Voorbeeld van 'n Cutex advertensie wat in die Persiese tydskrif Zan-e Rooz, uitgawe 148 – 6 Januarie 1968 verskyn het.[1]

Cutex is 'n handelsmerk van naelsorgprodukte wat deur Revlon, Inc. besit word.[1][2] Die oorspronklike produk is in 1911 ontwikkel en is deur die Northam Warren-maatskappy op die mark geplaas, wat in Stamford, Connecticut, Verenigde State gebaseer is.[3]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Northam Warren het die eerste vingernael-kutikulaverwyderaar en naellak in 1911 geskep.[4] Cutex het naeltinte in 1914 bekendgestel,[5] en 'n vloeibare naellak vir die eerste keer in 1917.[6][7] Die produk het lank geneem voor dit gewild geraak het; in 1927 is berig dat dit 'n modegier in Londen geword het.[8][9] In 1928 het die maatskappy 'n asetoon-gebaseerde naellakverwyderaar bekendgestel wat veilig was vir huishoushoudelike gebruik en wat gehelp het om die massa-aanvaarding van vloeibare naellak te lei. Cutex was 'n groot naelsorghandelsmerk in die twintigste eeu.[7]

Nuwe eienaarskap en voortgesette produksie

[wysig | wysig bron]

In 1960 is Northam Warren deur die maatskappy Chesebrough Ponds verkry. Destyds is Cutex-naellak in 109 lande verkoop.[10]

In April 1997 het Carson Inc. die Cutex-produklyn ten bedrae van VS$41 miljoen aangeskaf vir verkope in die VSA en Puerto Rico.[11] Die volgende jaar, in Desember 1998, het Carson Cutex aan die Shansby-groep verkoop, om op sy haarversorgingslyn te fokus en skuld te verminder. As deel van die verkoping het Carson die nael- en lipkleurproduklyne behou.[12] Shansby Group het later 'n gesamentlike onderneming met Medtech Labs aangegaan om die publiekverhandelde maatskappy, Prestige Brands, te vorm[13] wat Cutex ingesluit het.[13] Prestige het eienaarskap van Cutex behou tot September 2010, toe dit die handelsmerk aan Arch Equity Partners verkoop het.[14][15] In 2016 het Arch Equity Partners die Cutex Brands-portefeuljemaatskappy aan Revlon Consumer Products verkoop.

Produkte

[wysig | wysig bron]

Cutex het produklyne vir naelversorging en lipkleuring aangebied.[12] Cutex se sorgreekse is oor die jare met bykomende produkte uitgebrei, insluitend die Advanced Revival en Baseworx-produkte in 2012.[16]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 "Source Image for Cutex Zan-e Rooz Ad, 1968". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018.
  2. ↑ Team, Trefis. "Revlon's Q2 2016 Earnings Preview". Forbes (in Engels). Besoek op 20 Augustus 2018.
  3. ↑ Bennett, James. "Northam Warren". Cosmetics and Skin. James Bennett. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2021. Besoek op 12 Februarie 2015.
  4. ↑ "Toledo Blade - Google News Archive Search". news.google.com. Besoek op 20 Augustus 2018.
  5. ↑ "Beauty timeline: 100 Years of Loveliness - Telegraph". fashion.telegraph.co.uk. Besoek op 20 Augustus 2018.
  6. ↑ "Encyclopedia- Cutex". NAILS Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2018. Besoek op 12 Februarie 2015.
  7. 1 2 Cangiano, Jessica (10 Mei 2015). "Adventures in vintage advertising: Cutex Nail Polish". Chronically Vintage. Jessica Cangiano. Besoek op 11 Februarie 2015.
  8. ↑ "TINTED NAIL IS LONDON FAD.; They Are Polished So as to Match One's Pearl Necklace". The New York Times (in Engels). 11 September 1927. Besoek op 20 Augustus 2018.
  9. ↑ "7 world-changing inventions people thought were dumb fads". Vox. Besoek op 20 Augustus 2018.
  10. ↑ Jones, Geoffrey (25 Februarie 2010). Beauty Imagined: A History of the Global Beauty Industry (in Engels). OUP Oxford. ISBN 9780199556496.
  11. ↑ "COMPANY BRIEFS". The New York Times (in Engels). 6 Mei 1997. Besoek op 31 Augustus 2018.
  12. 1 2 News, Bloomberg (11 Desember 1998). "Carson Sells Cutex to Shansby for $30 Million". Los Angeles Times (in American English). ISSN 0458-3035. Besoek op 31 Augustus 2018. {{Verwys nuus}}: |last= se naam is generies (hulp)
  13. 1 2 Cheddar, Christina (29 Junie 2005). "Prestige Brands Finds Growth By Turning Around Old Cast Offs". Wall Street Journal.
  14. ↑ Solomont, E.B. (23 September 2010). "Arch Equity acquisitions create new Cutex Brands". St. Louis Business Journal. American City Business Journals. Besoek op 12 Februarie 2015.
  15. ↑ "Top 150 2017: No. 141 Arch Equity Partners". 24 Maart 2017. Besoek op 16 Augustus 2018.
  16. ↑ Kuehler, Michelle (1 Mei 2012). "Cutex® Baseworx, Not Just Another Base Coat". Vocus PRW Holdings, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 11 Februarie 2015 – via PRWeb.