Gaan na inhoud

Inselberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Granietkoppie in die Serengeti, Tanzanië. Die gesteente dateer uit die Prekambrium en is deur erosie blootgelê.
Coleskop te Colesberg, die gevolg van 'n doleriet-intrusie tydens die Jura

'n Inselberg of eilandberg is 'n geïsoleerde rotsheuwel of klein berg wat skielik uit 'n effens skuins of nagenoeg gelyk vlakte oprys.[1]

In Suider- en Suidsentraal-Afrika staan inselberge van graniet as koppies bekend. Die woord is aan die ooreenstemmende Nederlandse woord, kopje, ontleen en word ook in Engelse tekste aangetref.

Die term inselberg is uit Duits afkomstig en beteken "eilandberg". Die woord is oorspronklik deur die geoloog Wilhelm Bornhardt (1864–1946) in 1900 bedink om die talle kenmerkende koppies in Suider-Afrika te beskryf.[2]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Neuendorf, Klaus K.E.; Mehl, Jr., James P.; Jackson, Julia A., reds. (2005). Glossary of Geology (5de uitg.). Alexandria, VA: American Geological Institute. ISBN 0-922152-76-4.
  2. ↑ Young, David N.; Duncan, N.; Camacho, A.; Ferenczi, P.A.; Madigan, T.L.A. (2002). Ayers Rock, Northern Territory, Map Sheet GS52-8 (2de uitgawe) (Kaart). 1:250 000. Northern Territory Geological Survey. Geological Map Series Explanatory Notes.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]