Likumnios van Chios
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Likumnios van Chios (Grieks: Λικύμνιος, Latyns: Licymnius) was 'n Ou Griekse diturambiese (In Antieke Griekeland was 'n dithyrambos (Grieks: διθύραμβος) 'n ekstatiese loflied aan Dionusos, god van wyn en vrugbaarheid. Dithyrambos was nie net 'n loflied nie, maar ook een van Dionusos se name.) digter uit Chios. Hy is waarskynlik gebore in die vierde eeu v.C., alhoewel daar nie sekerheid hieroor bestaan nie.[1]
Aristoteles maak melding van hom in sy "Retoriek", waarin hy opmerk dat Likumnios se werk net so goed of selfs beter[2] in geskrewe vorm is as wat die geval is in gesproke vorm.[3] Likumnios word ook vermeld deur Chairemon van Alexandrië. Een van Likumnios se gedigte, 'n gebed om goeie gesondheid, is bewaar deur Sextus Empiricus, alhoewel daar onsekerheid bestaan oor die toeskrywing, en die werk dalk die van 'n ander digter kan wees. Partii sê dat Likumnios 'n gedig geskryf het oor die verowering van Sardis en Eustathios van Epiphaneia noem hom in 'n gedig Λικύμνιον Βουπραδιέα ἀοιδόν.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The Oxford Classical Dictionary, s.v. Licymnius, p. 836; Smith, s.v. Licy'mnius.
- ↑ Kowalzig, Barbara; Wilson, Peter (27 Junie 2013). Dithyramb in Context (in Engels). OUP Oxford. ISBN 9780199574681.
- ↑ The Oxford Classical Dictionary, s.v. Licymnius, p. 836.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Hornblower, Simon; Spawforth, Antony; Eidinow, Esther (29 Maart 2012). The Oxford Classical Dictionary (in Engels). OUP Oxford. p. 836. ISBN 9780199545568.
- Smith, William, Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, Londen (1873). Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek.