Nicolas Jackson
Jackson in 2026 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 20 Junie 2001[1] | ||
| Lengte | 1,87 m[2] | ||
| Speelposisie | Doelskieter | ||
| Klubinligting | |||
| Huidige klub | Aston Villa | ||
| Nommer | 11 | ||
| Jeugloopbaan | |||
| 2017-2018 | Tilene | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 2018-2019 | Casa Sports | ||
| 2019-2022 | Villarreal B | 25 | (5) |
| 2020-2021 | → Mirandés (leen) | 16 | (1) |
| 2021-2023 | Villarreal | 35 | (12) |
| 2023– | Chelsea | 65 | (24) |
| 2025–2026 | → Bayern München (leen) | 12 | (3) |
| 2026– | Aston Villa | 7 | (4) |
| Nasionale span‡ | |||
| 2018 | Senegal o/20 | 1 | (0) |
| 2022– | Senegal | 40 | (9) |
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 24 October 2026. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
Nicolas Jackson (gebore 20 Junie 2001) is ’n professionele sokkerspeler wat as ’n doelskieter speel vir die Engelse Premierliga-klub Aston Villa en vir die Senegalese nasionale span.
Jackson het vir Casa Sports in Senegal gespeel voordat hy hom in 2019 by Villarreal aangesluit het. Ná ’n leningstydperk by Mirandés in die Segunda División het hy by die reserwespan deurgebreek en in 2021 sy eerstespan-debuut in La Liga gemaak. In 2023 het hy ’n agtjaar-kontrak by Chelsea onderteken vir ’n berigte bedrag van £32 miljoen.
Nadat hy aan Bayern München uitgeleen is, saam met wie hy die ligatitel gewen het, het hy voor die 2026/27-seisoen 'n kontrak met Aston Villa onderteken, waar hy weer met afrigter Unai Emery sou saamwerk, onder wie hy voorheen by Villarreal gespeel het.[3]
Jackson het in 2022 sy senior internasionale debuut vir Senegal gemaak. Hy is opgeneem in die Senegalese spanne vir die FIFA Wêreldbeker in 2022, die FIFA Wêreldbeker in 2026 en die Afrikanasiesbeker in 2023 en 2025.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Nicolas Jackson". Epic Sports. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2020. Besoek op 7 Oktober 2020.
- ↑ "Nicolas Jackson". Chelsea FC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2024. Besoek op 10 November 2023.
- ↑ Ornstein, David; Tanswell, Jacob (28 Augustus 2026). "Aston Villa agree £65m transfer of Nicolas Jackson from Chelsea". The Athletic. The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2026. Besoek op 28 Augustus 2026.