Gaan na inhoud

Rolmops

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rolmops
[[Beeld:]]
Land van herkoms Duitsland
Hoofbestanddeel gepekelde haringfilette
Verdere bestanddele agurkies, uie en wit asyn

Rolmops (luisterⓘ) is gepekelde haringfilette, in 'n silindriese vorm gerol, dikwels om 'n hartige vulsel.

Aanbieding

[wysig | wysig bron]
Rolmops op 'n kerstafel in Wigilia, Pole

Die vulsel bestaan gewoonlik uit uie[1] en gekerfde gepekelde agurkies. Rolmops word dikwels met 'n skemerkelkie-tandestokkie aanmekaar gesteek.

Rolmopse word gewoonlik gereed-om-te-eet, in flesse of bakkies, verkoop. Die pekelwater bestaan ook uit water, wit asyn en sout;[1] dit kan ook suiker of ander versoeters (algemeen verkoop as "soet gepekelde"), uieringe, peperkorrels en mosterdsaad bevat. Rolmops kan koud geëet word, sonder om dit af te rol, of op 'n broodjie. Nadat die fles oopgemaak is, sal hulle gewoonlik vir twee tot drie weke hou indien dit koel of verkoel word. Rolmops word soms saam met Labskaus bedien.

Etomologie

[wysig | wysig bron]

Een weergawe van die oorsprong van die naam "rollmops" is dat dit Duits van oorsprong is,[2] afgelei van die woorde rollen (om te rol) en Mops wat mopshond of vet jong seun beteken. Die vorm rolmops is enkelvoud, en die meervoud is rolmöpse.

In Engels word die term "rollmops" dikwels as die meervoud van die enkelvoud "rollmop" behandel. Daar is ook 'n teorie dat die term "roll-'em-ups" "rollmops" geword het.[3] Die vorm "rolmop-harings" word ook bevestig.[1]

Oorsprong

[wysig | wysig bron]

Gepiekelde haring is sedert die Middeleeue 'n stapelvoedsel in Noord-Europa, as 'n manier om vis te bêre en te vervoer, veral nodig in vleislose periodes soos vastyd. Die haring sou voorberei word en dan in vate verpak word vir berging of vervoer.

Rolmops het gedurende die Biedermeier-periode van die vroeë 19de eeu dwarsdeur Duitsland gewild geword en was bekend as 'n besondere spesialiteit van Berlyn, soos die soortgelyke ingelegde haringgereg Bismarckhering. 'n Belangrike faktor in hul gewildheid was die ontwikkeling van die langafstand-spoorwegnetwerk, wat die vervoer van haring vanaf die Noord- en Oossee na die binneland moontlik gemaak het.

Die vis is gepekel om dit te preserveer en in houtvate vervoer. In kroeë in Ou Berlyn was dit algemeen om hoë glasuitstallings, bekend as Hungerturm (wat "hongertoring" beteken), op die kroegtoonbank te hê om gereed-om-te-eet geregte soos varkvetbrood, souteiers, frikadelle, mettwurst en natuurlik rolmops aan te bied. Deesdae word rolmops algemeen bedien as deel van die Duitse Katerfrühstück (babbelasontbyt) wat glo sommige elektroliete herstel.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Rolmops word in Europa en Suid-Amerika geëet, sowel as in gebiede van die Verenigde State en Kanada. Dit is ook 'n gesogte lekkerny in Suid-Afrika, veral in Kaapstad en die groter Wes-Kaapprovinsie. In Tsjeggië en Slowakye is rolmopse (zavináč) so bekend dat dit aanleiding gegee het tot daardie lande se naam vir die @-teken.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 Mrs Beeton's Everyday Cookery. Ward Lock Ltd. 1963. ISBN 0-7063-1403-4. {{Verwys boek}}: ISBN en datum stem nie ooreen nie (hulp)
  2. ↑ Rollmops bei Duden online.
  3. ↑ South African Concise Oxford Dictionary. Oxford University Press. 2002. ISBN 0-19-571804-6.
  4. ↑ Zavináč. "Zavináč". profirecepty. Besoek op 19 Januarie 2021.