TRAPPIST

TRAPPIST (vir Transiting Planets and Planetesimals Small Telescope) is twee Belgiese optiese robotteleskope. TRAPPIST-Suid is hoog in die Chileense berge geleë op die terrein van die Europese Suidelike Sterrewag se La Silla-sterrewag en TRAPPIST-Noord by die Oukaïmeden-sterrewag in die Atlasgebergte in Marokko. Eersgenoemde is in 2010 in werking gestel en laasgenoemde in 2016.[1]
Beskrywing
[wysig | wysig bron]TRAPPIST word van Luik, België, beheer. Dit bestaan uit twee refleksieteleskope van 60 cm by La Silla in Chili en by die Oukaïmedensterrewag in Marokko.
Die teleskope is 'n gesamentlike projek van die Universiteit van Luik in België en die Genève-sterrewag in Switserland. Dit spesialiseer in die soektog na komete en eksoplanete.[2][3]
Waarnemings
[wysig | wysig bron]In November 2010 was dit een van die min teleskope wat 'n verduistering deur die dwergplaneet Eris waargeneem het. Dit het onthul dat dit baie kleiner as Pluto kon wees. Dit het ook 'n sterverduistering deur Makamake help waarneem. Die dwergplaneet het voor die ster NOMAD 1181-0235723 verbybeweeg. Dit het getoon die liggaam het nie veel van 'n atmosfeer nie.[3][4]
'n Span sterrekundiges onder Michaël Gillon van die Universiteit van Luik het die teleskoop gebruik om die ultrakoel dwergster 2MASS J23062928-0502285, nou ook bekend as TRAPPIST-1, waar te neem. Hulle het ook sewe aardplanete om die ster waargeneem, waarvan minstens drie so groot soos die Aarde is.[5][6] Die span het hulle bevindings in die Mei 2016-uitgawe van die tydskrif Nature gepubliseer.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "TRAPPIST-1". trappist.one. Besoek op 6 Maart 2018.
- ↑ "TRAPPIST telescope to scout the sky and uncover exoplanets and comets". Science Daily. 9 Junie 2010. Besoek op 6 Maart 2018.
- 1 2 Beatty, Kelly (8 November 2010). "Former 'tenth planet' may be smaller than Pluto". New Scientist. Besoek op 6 Maart 2018.
- ↑ "Dwarf Planet Makemake Lacks Atmosphere". European Southern Observatory. Nr. ESO 1246. 21 November 2012. Besoek op 6 Maart 2018.
- ↑ "Three Potentially Habitable Worlds Found Around Nearby Ultracool Dwarf Star – Currently the best place to search for life beyond the Solar System". European Southern Observatory. Besoek op 2 Mei 2016.
- ↑ "Three New Planets Are the Best Bets for Life". Popular Mechanics. 2 Mei 2016. Besoek op 2 Mei 2016.
- ↑ Gillon, Michaël; et al. (12 Mei 2016). "Temperate Earth-sized planets transiting a nearby ultracool dwarf star". Nature. 533 (7602): 221-224. arXiv:1605.07211. Bibcode:2016Natur.533..221G. doi:10.1038/nature17448. PMC 5321506. PMID 27135924.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie TRAPPIST.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.