Periode 2-element
Voorkoms
| Periode |
|---|
| 1 |
| 2 |
| 3 |
| 4 |
| 5 |
| 6 |
| 7 |
Die tweede periode van die periodieke tabel begin met element nommer 3, die alkalimetaal litium en eindig met nommer 10, die edelgas neon.
In die eerste twee elemente, litium en berillium word die 2s-orbitaal opgevul. Hulle is redelik skaars. Die volgende elemente waar die die 2p-orbitaal opgevul word, is volop. Hierdie periode tel net agt elemente omdat 2d-orbitale niet bestaan nie.
Hierdie elemente speel 'n belangrike rol in die chemie, die industrie en ook die biologie. Veral die element koolstof het 'n baie uitgebreide chemie wat organiese chemie genoem word. Dit is ook die basis vir die lewe soos on dit op aarde ken. Die studie daarvan word biochemie genoem.